General

Oorlede na 90 goeie jare

THABAZIMBI – ‘n Inwoner van die distrik, Oom Andries Myburgh, is Saterdag in die ouderdom van 90 jaar oorlede.
Oom Andries en sy eggenote, het hulle 15 jaar gelede by hulle kinders, Koos en Marie Myburgh, op die Spitskop plotte kom vestig.  Voor dit het hulle op die plaas Stellenbosch in die Derdepoort omgewing geboer. ‘n Jaar nadat hulle op Thabazimbi kom bly het is sy eggenote oorlede.
Sy gesondheid het die laaste tyd algaande verswak en drie weke gelede het hy sodanig agteruit gegaan dat hy in Curamed Hospitaal opgeneem is, waar hy dan ook oorlede is.
Hy word oorleef deur drie kinders, ses kleinkinders en twee agterkleinkinders.
Die begrafnis was Donderdag, gister, vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi.