Gewapende rowers buit R40 000

NORTHAM – Drie Gewapende rowers het Woensdag R40 000 gebuit op Northam. 
‘n “Cashloan” besigheid is net na oopmaaktyd oorval deur drie gewapende mans wat aangedring het op die kluis se sleutel.
Hulle het kort daarna met die gesteelde geld op vlug geslaan. Daar is geen geweld gebruik en geen skote geskiet nie. Beskrywings van die verdagtes is egter baie vaag en die polisie het nog niemand in hegtines geneem nie.