Ontsnaptes weer gearresteer

THABAZIMBI – Flinke optrede deur Inspekteur du Bruyn en konstabel Chauke van die plaaslike speurtak, het daartoe gelei dat die twee vermeende Dwaalboom hamer moordenaars Maandag gearresteer is. Die hamer moorde is in Oktober 2003 gepleeg.
Die twee verdagtes het verlede maand saam met tien ander verdagtes uit polisieaanhouding op Northam ontsnap. Daar is oorspronklik vermoed dat dié twee oor die grens na Botswana gevlug het.
Die speurtak het egter inligting ontvang en Albert Mojane is Maandag, 22 November op Rustenburg gearresteer en Joseph Moschele dieselfde dag in
Ga-Rankuwa Hospitaal.