Entertainment

Ou bekende musikant tree eersdaags hier op

Bryce Britz, ou bekende inwoner van Thabazimbi en ook eerste eienaars van die “Coffee Shoppe”, gaan op 3 Desember by Bonanza optree. Bryce en Grant Tregellas het verenig nadat Bryce vir Grant saam met ‘n ander groep sien optree het by die “Upperdeck” in Hartbeespoort dam in 2002.
Hulle het daarna ‘n groep van drie gevorm, maar Bryce en Grant het gou besef hulle wil eerder ‘n duet wees. Na baie mislukte pogings om ‘n groepnaam vir hulself te kry, het hulle besluit om op te tree as slegs Bryce en Grant. Dit was ook omdat hulle beide solo opgetree het.
Grant het regdeur Johannesburg en Pretoria opgetree as ‘n solo kunstenaar. Bryce het ook baie jare solo opgetree en het ‘n solo CD “Small Town Man” opgeneem. As gevolg van Bryce se besige werk skedule en Grant se verpligtinge as ‘n solo kunstenaar, het hulle slegs by private partytjies, kooperatiewe funksies en feeste opgetree.
Beide hierdie kunstenaars was vir die laaste tien jaar in die musiek bedryf. Grant het opgetree by al die groot byeenkomste in Kaapstad, Oos Kaap, Johannesburg en Pretoria. Hy het ook 18 maande by Sun City opgetree en by Indigo Bay in Mosambiek. Bryce se solo CD het by verskeie stasies gespeel en hy is ook reeds lank in aanvraag.
Die groep se musiek wissel van die vyftigs se “rock en roll”, 70’s en 80’s se disko, Afrikaanse musiek tot lewendige top 40 musiek. Al hulle musiek het ‘n oorspronklike kinkel wat deur hul kreatiewe produksie by Grant se tuis ateljee in Pretoria gedoen word.
Meer as net musikante, is die groep ook ‘n gunsteling by gehore oor hul humoristiese benadering in hul lewendige optredes.