Entertainment

Vakansie pret vir Thaba jeug

Lizanda Jacobs
THABAZIMBI – Die vakansie pret wat vir Thaba se jeug beplan word deur Die Kwêvoël Vroueblad en TEKKIES, het tot dusver baie min reaksie uitgelok. Daar het tot op hede slegs 23 kinders se ouers gereageer op die sms bevestigings.
Die vakansie vermaak word vir al die kinders en tieners beplan wat nie hierdie Desember-vakansie weggaan nie. Dit gaan hope pret wees en ons gaan hulle “drill” tot hulle “drop”. Daar is voorlopig ses aktiwiteite beplan wat oor die weke van die vakansie versprei sal wees.
Dit gaan jou as ouer geen geld uit die sak jaag nie, behalwe deur met ‘n sms na 073 451 7950, of oproep na Die Kwêvoël, te bevestig dat jou kinders die vermaak sal bywoon. Indien jy twee kinders het wat die pret dae wil bywoon en hul ouderdomme is 8 en 12 jaar, sms as volg: “ja2.#8#12. Daar sal geen ouderdoms beperking wees nie, maar ouers moet asseblief in ag neem dat ons nie ‘n kleuterskool kan oppas vir die dag nie. Die kinders moet darem aan die aktiwiteite kan deelneem, of die ouers moet hulle vergesel.
Ons moet ongelukkig ‘n afsny datum instel om dit vir die organiseerders en borge moontlik te maak om vir die regte hoeveelheid kinders voor te berei. Sien die agterblad van hierdie uitgawe vir die voorlopige program.
Die Suikerkaskenades se afsny datum vir besprekings vir jou kinders, sal reeds eerskomende Woensdag, 1 Desember wees. Geen bespreking, geen deelname. Die ander vyf aktiwiteite se afsny datum sal volgende Vrydag, 3 Desember wees. Geen uitsondering sal vir laatslapers gemaak word nie.
Daar sal ook‘n ouderdomsbeperking van 8 tot 18 jaar wees vir die oornagkamp wat op 14 Desember plaasvind. Die totale toelatings vir die oornagkamp sal ook net tot ‘n maksimum van 100 kinders wees. Die eerste 100 bevestigings sal aanvaar word. Die bevestiging vir die kamp moet asseblief na ‘n afsonderlike nommer, 083 694 2068 gestuur word om verwarring met besprekings te voorkom. Volg dieselfde sms aanwysings vir besprekings soos bo aangedui.
Die pret sal op eie risiko wees en Die Kwêvoël, TEKKIES, organiseerders, borge en beamptes sal geen verantwoordelikheid vir beserings aanvaar nie. Daar sal wel ‘n nooddiens op bystand wees tydens van die aktiwiteite. Hou Die Kwêvoël volgende Vrydag, 3 Desember dop vir al jou kind se benodighede per aktiwiteit en ook meer inligting oor elke aktiwiteit. Ons wag vir jou bevestiging.