Skenk bloed voor die vakansie
Die besige feesseisoen en gepaardgaande toename in padongelukke het ‘n direkte invloed op die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se bloedvoorraad oor die feesseisoen.
In Desember ervaar die organisasie ‘n 10% styging in die aantal eenhede bloed wat in vervoerverwante gevalle gebruik word. “Dié styging kan selfs meer wees, aangesien dokters wat bloed in hospitale aanvra, nie altyd spesifiseer wanneer dit vir motorbotsingslagoffers is nie,” sé Diane de Coning, SANBD se direkteur, skenkerdienste.
Statistiek van Arive Allive wys dat die sterftesyfer tussen Januarie en Junie vanjaar, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, met 3,78% gestyg het. Die padongeluksyfer het met 3,18% toegeneem.
Die jongste misdaadstatistieke maak dié prentjie selfs minder rooskleurig. Syfers toon dat dronkbestuur dié prentjie selfs nog minder rooskleurig maak. Syfers toon dat dronkbestuur vir die boekjaar 2003/4 met 10,1% toegeneem het. “Bloedskenkers speel ‘n lewensbelangrike rol, veral tussen November en Januarie, aangesien hul bereidwilligheid of onbereidwilligheid om bloed te skenk ‘n direkte invloed op ons beskikbare voorraad het.” Om te verhoed dat ons, soos in Oktober, ‘n nasionale bloedtekort ervaar, vra ons mense om bloed te skenk voordat hulle met vakansie gaan.
Bloedskenksentrums is op Oukersdag en Oujaarsaand tot 17:00 oop. Skenkers moet egter nie later as 16:30 by die sentrums opdaag nie aangesien dit 30 minute neem om ‘n eenheid bloed te skenk. Skenkers moet ook onthou om ten minste vier uur voor hul skenking ‘n gebalanseerde maaltyd te eet.
Bloedskenkers is 16 jaar en ouer, weeg 50 kilogram of meer en volg ‘n veilige leefstyl. Mense wat onlangs tatoeërmerke laat aanbring het of gaatjies in hul ore, neuse of naeltjies geskiet het, mag egter vir ‘n jaar nie bloed skenk nie. Die persone wat antibiotika of voorskrifmedikasie neem, kan eers 14 dae nadat die kursus voltooi is, bloed skenk. Bel SANBD tolvry by 0800 11 9031 vir nadere besonderhede oor jou naaste bloedskenksentrum