HFM besigheids aflosse vroeg in die nuwejaar
THABAZIMBI – HFM se beplande besigheids aflosse (marathon) vind reeds vroeg in die nuwejaar op 14 Januarie plaas. Daar sal verskillende afstande aangebied word in verskillende kategorieë. Inskrywingsgelde beloop R100 per skolierespan en R200 per volwassespan met ‘n maksimum van vyf persone per span.
Die pretdag sal vanaf HFM se sportvelde funksioneer. Na die gesweet met die hardloop en fietsry, sal daar ‘n kontantkroeg en vleispakkies beskikbaar wees vir die groot kuier wat in die namiddag gaan volg. Die swembad sal ook beskikbaar wees vir die wat bietjie lafenis in die water soek.
Die marathon is ten bate van fondsinsameling vir die skool se kurrikulêre program. Daar sal groot pryse te wen wees en die dag beloof om baie pret in te hou. Dit sal ‘n lekker bymekaarkom wees vir oud en jonk om na die lang vakansie weer tussen jou mense te kan kuier. Moet nie hierdie geleentheid misloop nie. Registrasies kan vanaf 12 tot 14 Januarie by HFM gedoen word. Vir verdere navrae kan Glen van Rooyen by 083 251 8265 of Maryn Kotze by 083 515 2274 gekontak word.