“Kickboxing” vat vlam in Thaba

THABAZIMBI – XKT (Xtreme Kickboxing Technology) beleef tans sy derde maand in Thabazimbi met ongekende belangstelling en resultate. Individue, gesinne en selfs drie geslagte uit een familie neem deel aan ‘n volledige reeks van skopboks, selfverdediging, kardio skopboks en fiksheid oefeninge.
Die sport verleen hom uitstekend tot diens binne bereik van so jonk as ses jaar tot hul oudste student van vier en sestig jaar. Hulle maak ook voorsiening vir die breë spektrum van onfiks, fiks, selfverdediging, sport karate, skopboks, Tae boks, Mutai fighting en ‘n magdom ander vegstyle op nasionale en internasionale vlakke.
Vir meer inligting kan Peet van Breda gekontak word by 082 927 4644.