Fluoried in Leeupoort water gevaarlik
Lizanda Jacobs
LEEUPOORT – Na onlangse toetse wat by Leeupoort se reservoir gedoen is, is die fluoried telling na wat berig word 9.4 mg/l wat water inname vir die mens gevaarlik maak. Die ou boorgat wat getoets is se telling was 3.9 mg/l, die nuwe boorgat 12.6 mg/l en uit ‘n filter by die kantoor 4.1 mg/l. Die toelaatbare fluoried konsentraat is 0.1 mg/l.
Die Leeupoort inwoners is bekommerd aangesien hierdie probleem reeds op verskeie aangeleenthede met die Thabazimbi munisipaliteit bespreek is en die uitslae van die toetse bykans onveranderd gebly het.
Fluoried het ‘n hoë reaksie en sal bykans enige materiale aanval, insluitend glas. ‘n Klein hoeveelheid fluoried is nodig vir die behoorlike verharding van tand emalje en om die weerstand daarteen te verhoog. In mens en dier gaar fluoried op in die skelet.
Fluoried is teenwoordig in baie kosse, en water is nie die enigste bron daarvan nie. Water dra ongeveer 50% tot 70% by tot die totale fluoried inname in volwassenes. In huishoudelike water voorsiening asook industriële voorsiening wat gebruik word vir voedsel en varsprodukte industrieë, mag die fluoried konsentraat in die water nie hoër as ongeveer 0.7 mg/l wees nie.
Die weer speel ook ‘n groot rol in die toelaatbare inname van fluoried. Hoe warmer dit word, hoe minder fluoried inname word aanbeveel. Met ‘n dag temperatuur van tussen 24ºC tot 34ºC word ‘n maksimum van 0.6mg/l aanbeveel. Onder 16ºC word ‘n konsentraat inname van tot 1.0 mg/l toegelaat.
As fluoried ingeneem word, word dit bykans onmiddellik opgeneem vanwaar dit deur die liggaam versprei. Meeste van die fluoried gaar op in die skelet en ‘n klein hoeveelheid in die tande. Fluoried gaar gou op in die been van kinders, maar bly opgaar tot en met ongeveer die ouderdom van 55 jaar.
Verkleuring van tande kom voor by persone wie se tande mineralisering ondergaan indien die fluoried konsentraat ongeveer 1.5 tot 2.0 mg/l is. Oor die algemeen is kinders vatbaar tot en met die ouderdom van sewe jaar.
Skelet fluoorvergiftiging kom voor wanneer die fluoried konsentraat 3 tot 6mg/l oorskry en kan verlammende gevolge hê indien die inname tussen 20 to 40 mg per dag is. Dit is gelykstaande aan ‘n fluoried konsentraat van 10 tot 20 mg/l met ‘n water inname van twee liters daagliks.
Sistematiese vergiftiging en inmenging met die beenformasie en metabolisme kom voor by hoë konsentrasie inname. Kroniese effekte op die niere is al waargeneem by mense met nier probleme, dit sluit ook effekte in op die skildklier indien hoë fluoried konsentraat oor ‘n lang periode ingeneem word.
Akute vergiftigde effekte by hoë fluoried dosisse sluit gastroënteritis, nier vergiftiging, lewer beskadiging en beskadiging van die hartspier weefsel in. Simptome van fluoried vergiftiging is onder andere braking, buik pyn, duiseligheid, diarree en konvulsies.