General

Leerlinge verwerf SA kleure

THABAZIMBI – Leerlinge van HFM en Laerskool Thabazimbi het vanaf  23 tot 25 September aan die SA skole korfbaltoernooi te Magaliesburg deelgeneem. Daar het altesaam negentien leerlinge en drie beamptes van Thabazimbi aan die toernooi deelgeneem.
Dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis vir korfbal in Suid-Afrika aangesien dit die eerste toernooi is wat weer in ‘n lang tyd plaasgevind het. Daar was agt unies met 37 spanne teenwoordig, waaronder sowat 400 kinders tussen die ouderdomme van 11 – 17 jaar.
Na afloop van die toernooi is agt SA skole spanne en vyf SA skole Uitnodigingspanne gekies. Hierdie spanne gaan op 16 Oktober kragte meet teen ander spanne wat gedurende Julie gekies is tydens die SA Nasionale korfbal kampioenskappe te Nelspruit. Tydens die skoletoernooi het die volgende leerlinge kleure verwerf: Laerskool Thabazimbi – Juanita Joubert (O/13 dogters SA skole uitnodiging), Chenel Knuppe (O/11 dogters SA skole uitnodiging) en Stefan Joubert (O/11 seuns SA skole).
HFM – Jolizna Swanepoel (O/17 dogters SA skole), Barbara van Deventer (O/17 dogters SA skole), Wilanie de Wet (O/17 dogters SA skole), Wilemien Calitz (O/17 dogters SA skole) en Ernest Lee Pienaar (O/17 seuns SA skole uitnodiging – ook aangewys as kaptein van dié span).
Susan Joubert word verkies as spanbestuurder vir die O/11 dogters SA skole span. Tydens die toernooi behaal die Noordwes-Oos O/17 dogters A span, waarvan Tokkie Swanepoel die spanbestuurder is, ‘n algehele tweede plek in hul liga.
Vir verdere inligting of navrae met die skole korfbal kan die volgende persone gekontak word: Herman Joubert – 082 381 6298, Susan Joubert – 082 941 5877 en Tokkie Swanepoel – 083 676 2301.