Kookkuns Olimpiade – SA span
Slegs weke voor die vertrek na die 2004 IKA Kookkuns Olimpiade in Duitsland, het die SA span ‘n spesiale voorbesigtiging van die spyskaart aangebied waarmee hulle hoop om goue medaljes terug te bring.
SA span is al die afgelope vier jaar besig om voor te berei vir die olimpiese gebeurtenis en gisteraand het Suid Afrikaners ‘n eksklusiewe geleentheid gehad om te proe wat hul land het om aan te bied. By die “Castle” in Kyalami Johannesburg, het die span hul mond water spyskaart voorberei vir ‘n groep genooide gaste sowel as lede van die publiek wat voordeel uit die geleentheid geput het om “vir hulself te proe”.
Met die uitstal van die beste SA land en see produkte, het die spyskaart sy inspirasie verkry deur die verskeidenheid lokale bestanddele en het bestaan uit ‘n seekos en vis voorgereg, ‘n hoofgereg van wildsvleis en vrugte en “torte” nagereg. Die span van Johannesburg is geborg deur Bosch en Sunlight Sun System, in vennootskap met Food & Home Entertaining. Die woordvoerder vir Sunlight Sun Systems, Ethne Whitley het gesê die gebeurtenis het ‘n ideale geleentheid gebied vir gastronome om eerste-hands ondervinding te hê van die rykdom en geur van kos in SA.
SA-span se gastronomie kundigheid is sekerlik wêreld-klas en hulle is waarlik weggestuur met ‘n gebeurtenis in Johannesburg wat gaste betower en verstom gelaat het, nie net oor die lekkernye gelewer nie, maar ook oor die span se variëteit en talent.
Bosch en Sunlight Sun Systems glo die sinergie wat hul met die SA span deel, bied ‘n ideale geleentheid om hul ondersteuning aan die nasionale kookkuns span te wys.
Met die SA span, is die borge se fokus ook op onthaal. Om te onthaal kan ook ‘n plesier wees, maar die skottelgoed daarna kan ook meestal ontmoedigend wees.
Alhoewel met ‘n skottelgoedwasser en die regte skoonmaak middel kan jy in styl onthaal en absoluut seker wees die werk agter die skerms word gedoen.
Die 10 lede van die SA span verteenwoordig die bestes onder SA se kookkuns deskundiges en sal een van 32 internasionale spanne wees wat gaan deelneem aan die vyf uur marathon om die Olimpiese spyskaart in Oktober 2004 voor te berei.
Die SA span is opgemaak uit nasionale, pastei en ontwikkelings spanne en bestaan uit die volgende mans en vroue: Chris van Wyk (span kaptein), Bertus Basson (sjef), Diane Kay (sjef), Ivan Willemse (sjef), Rudi Liebenberg (sjef), Dimo Simatos (pastei sjef), Linda Kotze (pastei reserwe), Marli Robert (reserwe), Trevor Boyd (reserwe) en Garth Shnier (span bestuurder).