Trentyre aandliga krieket uitslae

THABAZIMBI – Tydens die wedstryd tussen Supa Quick en Amandelbult op
16 September, word Amandelbult uitgeboul vir 85 lopies. Michael vaar die beste met die kolf en behaal 21 lopies. Supa Quick se beste boulers vir die aand was Lourens op 5/21 en Louis op 2/23. Supa Quick behaal gou Amandelbult se telling met Kerneels met die meeste lopies op 24. Supa Quick wen die wedstryd met vyf paaltjies.
HFM se O/15 span het op 21 September teen Swartklip gespeel. Swartklip kolf eerste en teken 119 lopies aan. Tommie van HFM behaal die beste boulbeurt met 2/25. HFM word egter in hul beurt uitgeboul vir 107 lopies met Swartklip se beste bouler, Neville op 4/23. Swartklip wen die wedstryd met 12 lopies.
Tydens die wedstryd tussen Victor makelaars en Amandelbult op 28 September, teken Victor makelaars 150 lopies aan in hul kolfbeurt. Barend op 33 teken die meeste lopies aan. Amandelbult se beste bouler was Ignasius met 2/29. Amandelbult word in hul beurt almal uitgehaal vir 113 lopies. Barend van Victor makelaars boul 3/27. Victor makelaars wen die wedstryd met 37 lopies.