Tarentale Biltongfees groot sukses
Die Tarentale jukskei klub het ‘n baie suksesvolle opedag op Saterdag, 1 Oktober gehad. Daar was 23 spanne wat ingeskryf het en daar is meegeding in vier afdelings. Die junior spanne wat op 9 Oktober aan die Bondedag deelgeneem het, het die dag gebruik om saam in spanverband te speel.
Oorspronklikheid aan name vir spanne het ook nie ontbreek nie, en die uitslae was as volg: In afdeling A het vyf spanne deelgeneem. Maroela was eerste met 38 punte, tweede was Dikkes met 36.5 en in die derde plek die Tarentale met 36 punte.
In die B-afdeling waar ses spanne deelgeneem het, wen Noordelike provinsie O/14A seuns, gevolg deur die Korane met 45 punte en derde was Naboompark met 41.5 punte.
In die C-afdeling het agt spanne deelgeneem en wen die Mopanie juniorspan met 73.5 punte. Tweede was die Mopanie senior span met 65.5 en in die derde plek is Siembamba met 64.5 punte.
In afdeling D het vier spanne deelgeneem. Die Mopanie juniorspan wen met 54 punte, gevolg deur die Verre Noord O/14 dogterspan met 46.5 punte. In die derde plek eindig die Mopanie gemengde span met 45.5 punte.
Die eerste Bondliga van die seisoen vind op 16 Oktober te Potties plaas. Die Suide en die Noorde sal dan sake uitspook vir die trofee. Martie Nell kan gekontak word by (014) 733 0611 of 083 532 1960.