General

Die mediese skema vir ons mense

Soos u teen die tyd al weet is Hipromed al reeds ‘n geruime tyd besig met die intensiewe bemarking van Genesis Mediese Skema in die Noord-, Noord-Wes en Limpopo provinsie.
Konsultante is daagliks besig met die inskakeling van nuwe kliënte. Hipromed se kantore is in Brits geleë wat baie sentraal is vir dienslewering. Genesis hoofkantoor is in Kaapstad, om dié rede vind kliënte dit baie gerieflik om deur Hipromed lidmaatskap van Genesis te bekom.
Die fonds, met uitstekende voordele en uitmuntende premies bestaan al sedert 1995 en is finansieel een van die sterkste skemas tans. Die produk word landswyd deur alle privaat diensverskaffers, hospitale en klinieke aanvaar. Al hierdie plus punte kan toegeskryf word aan ‘n jong, gesonde groep lede wat reeds hul gesondheidsorg in die bekwame hande van Genesis gelaat het.
Die produk bied onbeperkte dekking teen privaat tariewe in-hospitaal tesame met uitstekende kroniese voordele en dekking vir ernstige toestande soos kanker, hartaanvalle en beroertes. Vir die normale daaglikse uitgawes (medikasie, tandheelkunde, oogkunde ensovoorts) is daar verskeie opsies om van te kies wat jou behoeftes en jou sak pas. Die produk is baie aanpasbaar en is geskik vir oud en jonk, enkel (enkel ouers) of gesin. Nog ‘n groot voordeel – kinders onder 21 jaar geniet gratis dekking. Baie voordelig by die skema is dat ‘n kliënt gedurende ‘n jaar sy of haar opsie kan verander om by jou mediese uitgawes te kan aanpas.
Na ‘n groot aanvraag is Hipromed ook nou trots om die volgende baie belangrike voordele aan alle bestaande of nuwe kliënte te bied. Ongeskiktheidsdekking – voorsiening vir ‘n nuwe lewensstyl. Doodsdekking – dink aan geliefdes wat agterbly. Gevreesde siektedekking – kanker, beroerte ensovoorts. Studie befondsing- tersiêre studie voorsiening. Uittree annuïteite – begin vandag begroot vir jou ou dag.
Professionele, opgeleide konsultante is daagliks beskikbaar om kliënte in die privaat en gemak van hul eie huis of kantoor te besoek. Dink net aan die gemak. Al u belange (lewensdekking en medies) word deur een kantoor deur ‘n baie bekwame konsultant hanteer. Na jare se ervaring in die bedryf is geïdentifiseer dat een van die mees algemene klagte by die kliënt die onkunde rondom voordele van hul bestaande produkte is.
Hipromed konsultante wag vir u oproep. Skakel gerus 0861 36 35 34.