General

Besigtigingsdae vir Koringkultivars

KOEDOESKOP- All Gro Saad bied weer vanjaar besigtigingsdae by die Koringkultivar proef aanplantings in die MGK gebied aan.
Die eerste dag vind op Woensdag 13 Oktober op Koedoeskop plaas. Die verrigtinge begin om 10:00 by Koos Pieterse se plaas en skuif 12:00 na Corné Jooste se plaas.
Die volgende lesings sal ook aangebied word. Marktendense winter- en somergewasse – Nico Hawkins (GSA) en “Kutivar ontwikkeling”- Dr Hugo Smit (LNR/KGI). Die besigtigingtoer sal wees oor kultivar, kultivarontwikkelingsproewe en plantdigtheidproewe. Alle koringboere word dus vriendelik uitgenooi om die dag by te woon.