General

CrisisOnCall nooddienssentrum

CrisisOnCall is Suid-Afrika se eie nooddienssentrum (Rescue911) wat plaaslik bedryf word in samewerking met Europ Assistance International.
Midde in ‘n krisis of noodsituasie, byvoorbeeld ‘n plaasaanval, voertuigkaping, mediese nood, voertuig brekasie, weet min mense wie of watter nommer om te skakel om hulp te kry. Tyd en tydige inligting kan ‘n lewe red – dit is hoekom CrisisOnCall dié verskil kan maak in ‘n noodsituasie.
CrisisOnCall bied ‘n 24-uur landswye nood-inskakeldiens en maak gebruik van meer as 200 privaat nooddienste landwyd. Dit is ook die enigste nooddiens in Suid-Afrika wat die diens op ‘n landwye en gekoördineerde wyse aan sy lede kan bied, deur net een nommer te skakel en boeregemeenskappe kan veral hierby baat vind. Die volgende dienste is onder andere beskikbaar: Noodmediese afvoerdiens per lug of per ambulans, toegang tot telefoniese mediese noodbystand, reis kan deurlopend gemonitor word, boere kan telefonies gemonitor word wanneer hulle terugkeer huis toe en alle gesprekke word op band bewaar.
Deur CrisisOnCall te skakel het ‘n ma, woonagtig op ‘n plaas in die Swartruggens gebied, waarskynlik haar seun se lewe gered toe hy deur ‘n giftige slang gepik is. ‘n Helikopter is onmiddellik uit Johannesburg met ‘n dokter en traumasuster aan boord na die plaas gestuur terwyl ‘n dokter telefonies die ma met mediese advies gehelp het. Twee dae later is die seun ongeskonde ontslaan.
Agri SA het onlangs ‘n ooreenkoms met CrisisOnCall aangegaan waardeur CrisisOnCall onderneem om ‘n bydrae te maak tot die Agri Securitas Fonds vir plaasveiligheid. Deur CrisisOnCall te ondersteun, word daar dus ook ‘n bydrae gemaak tot plaasveiligheid, en vir so min as R40 per maand is hierdie diens aan lede van die landbougemeenskap beskikbaar.
Vir meer besonderhede en ‘n aansoekvorm, besoek gerus die Agri Securitas webruimte by www.agriinfo.co.za of skakel vir Marius Vermaak, telefoonnommer (012) 335 3776 of 083 302 7576.