General

Fietsryer dood gery

‘n Man wat sonder ligte of weerkaatsers op sy fiets in die rigting van Koedoeskop onderweg was, is die nag van 1 Julie doodgery. ‘n Gauteng motoris, wat verblind was deur ‘n aankomende vragmotor se ligte, het nie die fietsryer in die pad gesien nie en net gevoel hy stamp iets.
Die motoris het onmiddellik gestop om ondersoek in te stel, en gevind dat hy ‘n fietsryer raakgery het. Hy het die nooddienste en die polisie gekontak, maar die fietsryer was opslag dood.
‘n Saak van strafbare manslag is geopen.