Elzabi by Landbouskou
THABAZIMBI – Elzabi se sangloopbaan het drie jaar gelede begin en sy het die voorreg gehad om saam met kunstenaars soos Thys die Bosveldklong, Jacques de Coning, Kurt Darren, Blackie Swart, Manuelle Escorcio, Juanita du Plessis, Dozi en vele meer op te tree.
Elzabi is een van ons land se blinkste opkomende sterre en het vanjaar gedurende die Klein Karoo Nationale Kunstefees, haar CD “Mooiplaas” vrygestel. Sy het slegs vyf vertonings vir KKNK gehad, maar op aandrang van die publiek op altesaam agtien vertonings te staan gekom.
Haar CD bevat meestal Afrikaanse liedjies waarna oud en jonk kan luister. Sy skoei haar talent op die trant van Jacques de Coning, Theuns Jordaan en selfs Laurika Rauch. Elzabi skryf en toonset ook haar eie musiek en het altesaam nege nommers vir haar CD “Mooiplaas” geskryf.
Sy tree Donderdag, 29 Julie, op as gaskunstenaar tydens die “Bosveld” kroningsdinee, en sal Vrydagaand, 30 Julie, die verhoog deel met die Frikwensies en “Man in Swart”.
Elzabi het ‘n kontrak met Bowline Musiek wat al haar bemarking en verspreiding hanteer. Sy kan bespreek word by 084 717 7676 of 083 498 6768.