Skaars perderas by skou
THABAZIMBI – Die skaars Amerikaanse Indian perd, Appaloosa, sal vanjaar ook te sien wees by die plaaslike skou. Die Appaloosa is ‘n sterk perd met ‘n lang uithouvermoë en daar is tans slegs tussen 200 en 500 van hierdie perde in Suid-Afrika. Thabazimbi is een van die min gebiede wat spog met ‘n plaaslike teler.
Indien enige persoon belang sou stel in ‘n telings program of om die perde te besigtig, kan Mnr Hannes Nortje, plaaslike teler, gekontak word by
082 968 9160.