AIDA betree Thabazimbi mark
THABAZIMBI – ‘n Invloedryke handelsnaam in eiendomme het Donderdag, 1 Julie Thabazimbi betree. AIDA is al vir 45 jaar aan die voorpunt van eiendomsdienste in Suid Afrika. Dit is in 1958 deur Aida Geffen gestig en verskaf sedertdien produkte en dienste van hoë kwaliteit aan beide lede en verbruikers.
Die AIDA handelsmerk benut ‘n effektiewe kombinasie van televisie, drukmedia en buitelugadvertering om te verseker dat sy boodskap oorkant die straat en regoor Suid Afrika versprei word om te verseker dat ‘n wye gehoor landswyd en internasionaal bereik word.
AIDA netwerk bly aan die voorpunt van tegnologie in eiendom. Die hele netwerk word beheer deur ‘n naatlose end-tot-end kantoorbestuurstelsel, wat funksies insluit soos gekontroleerde bemarkings oplossings van alle mandate en die outomatiese opdatering van die AIDA webtuiste.
AIDA is die pionier van die “eenstopwinkel” – ervaring vir verbruikers, en as sulks bied puik oplossings deur die huislenings fasiliteerder genaamd Mortgage SA, asook ander waarde toegevoegde dienste.
Mortgage SA se voorste huisleningsfasiliteerder wat spesialiseer in die beveiliging en bestuur van die totale huisleningsproses, terwyl hulle spoed en gerief aan huiskopers bied. Hul nasionale span van hoogs ervare eiendomsfinansieringskonsultante word ondersteun deur die mees gevorderde huislening-prosesseringssentrum in Suid-Afrika.
AIDA bied dus al die ondersteuningstelsels van hoogservare ondersteuningsdiensstruktuur. Hulle fokus bly om ‘n diens van uitstaande gehalte aan Kopers en Verkopers van eiendom te bied.