Nuwe embleem vir Thabazimbi
THABAZIMBI- Die Thabazimbi Munisipaliteit is tans besig om te kyk na ‘n nuwe embleem vir Thabazimbi wat die dorp en sy mense met alle aktiwiteite beter simboliseer.
Volgens Segale Pilane, woordvoerder van die Munisipaliteit, sal betrokkenes op 30 Oktober bymekaar kom om dié saak te bespreek. ‘n Kommunikasiemaatskappy van Polokwane, Marokoro Communication and Events sal die Munisipaliteit help in die proses.
Volgens Pilane sal die publiek gevra word om met idees vorendag te kom vir die logo wat die uniekheid van Thabazimbi, die diversiteit van mense en al die rykdom en aktiwiteite van die area uitbeeld.
Die enigste nadeel van hierdie idee is dat die hele proses omtrent R32 000 sal kos.