Property

Jou eie Huisie by die See aan die Kaap se Weskus

Hier is die ideale geleentheid om jou kompakte een-slaapkamer huisie by een van die gewilde baaie aan die Kaap se Weskus te bekom.

Die huis is nog splinternuut en is sowat 1 jaar gelede opgerig.

St Helenabaai is een van die nuwe opkomende vakansiebestemmings wat veelsydige ontspanningsaktiwiteite aan die inwoners en toeriste bied met die baai wat ideaal is vir waterski, kanovaart, branderplank-ry en visvang.

Hierdie moderne huis in Hannasbaai, ’n uitbreiding van St Helenabaai, slegs 150 meter vanaf die strand met ’n gedeeltelike see-uitsig, bied jou die ideale geleentheid om ’n eiendom hier te bekom. Die gebied is troeteldiervriendelik met geen sekuriteitsprobleme.
’n Alarmstelsel is geïnstalleer as ’n alternatiewe veiligheidsmaatreel in hierdie baie veilige woongebied met die oog daarop dat die eiendom nie voltyds bewoon word nie.
Die tuin is met permanente struike en ander waterbesparende plante uitgelê en is toegerus met ’n besproeiingstelsel wat aan ’n tydskakelaar verbind is en dus geen onderhoud verg nie. ’n Tuinmuur omring ook die eiendom.
’n Voorafbetaalde kragmeter is geïnstalleer wat sake vergemaklik indien die eiendom uitverhuur sou word.
’n Geldbesparende sonverhitte warmwaterstelsel is geïnstalleer en met erfbelasting wat slegs R200 per maand beloop, maak dit hierdie eiendom bekostigbaar vir iemand wat solank wil belê in ’n eiendom by die see.

Die huis bestaan uit een slaapkamer met volledige badkamer asook ’n balkon op die eerste vloer en die eetkamer-sitkamer-kombuis en balkon, asook ’n gastetoilet op die grondvloer. Beide balkonne het aluminum opvoudeure wat beide vertrekke verleng in ruim kuierplekke met die vars seebries wat deur die hele huis trek.

’n Dubbel afdak parkering met plaveisel voor die afdak maak ook deel hiervan uit.

Prys: R1 290 000

Die prys van R1 290 000 sluit ook al die meubels en toerusting soos lugversorgers in die slaapkamer en onthaal vertrek onder asook ’n Bosch skottelgoedwasser en wasmasjien en groot platskerm TV in.

Slegs sowat 167km vanaf Kaapstad, bestaan daar baie goeie uitverhuringsmoontlikede vir inwoners vanaf die moederstad en omgewing wat vir ’n paar dae na die vry natuur en see van die Weskus wil wegbreek. Tydens piek vakansietye is ’n huurinkomste van R2000 per nag nie onmoontlik nie.

Met ’n groot inkopiesentrum slegs sowat 1km en verskeie kuierplekke slegs sowat 500m vanaf die eiendom gaan jy beslis nie baie brandstof uitry nie.

Die naaste dorpe aan St Helenabaai, Paternoster en Vredenburg, is sowat 25km daarvandaan.

Die eiendom is ook naby aan die nege-putjie Shelly Point Golf Estate geleë, pak dus gerus ook jou gholfstokke in.

Vir meer inligting kontak Carine by

carine.mostert@gmail.com

of skakel haar by 083 949 4308

Foto’s hieronder van St Helenabaai

Meer oor die Kaap se Weskus

Die Weskus begin al hoe meer toeriste trek met dorpe soos Tulbagh, Yzerfontein  Darling en Langebaan wat reeds talle besoekers trek deur die verskeidenheid van toeriste-aantreklikhede soos die Nasionale Weskus Park met sy blommeprag gedurende Augustus en September. Dan is daar ook Darling se stasie waar Pieter Dirk Uys, of beter bekend as Evita Bezuidenhout, haar eie Peron het. Hier word lekker geëet en as jy dit reg beplan ook nog ’n vertoning in sy eie teater te geniet.

Gaan loer gerus op Kwêvoël se tuisblad www.kwevoel.co.za – klik op die keuse-lys bo op “TRAVEL” en rol af totdat jy op die artikel Oos van die Weskusroete afkom.

Lees ook gerus die artikel: Blomme-seisoen in die Weskus Nasionale Park en sien meer aangaande hierdie streek.