CommunitySport

HFM Groet me Rianda van Rensburg – Goud vir HFM Skaakspeler

Rianda was vir 32 jaar onderwyser by Frikkie-Meyer. Sy het haar onderwysloopbaan in 1988 by Frikkie Meyer begin nadat sy ook ‘n leerling van die skool was.

Sy was verbonde aan die Ekonomiese Departement waar sy vir verskeie jare Rekeningkunde vir graad 8 en 9 gegee het. Vir baie jare daarna het sy Bedryfsekonomie aangebied en afgesluit met Besigheidstudies wat sy vir die senior Grade aangebied het.

Mnr Colin Campbell, Hoof van Hoërskool Frikkie Meyer saam met mev Rianda van Rensburg tydens die afskeidsgeleenheid.

Rianda was ook afrigter en organiseerder van skaak by die skool en haar skaakleerlinge was ook wenner van Skaak Interhoër.

Verder was sy vir jare in beheer van alle bestellings en uitreiking van die skool se skrifte en handboeke.


Sy was baie deeglik met haar werk en die skool bedank haar vir die toegewydheid waarmee sy alle take aangepak het.

Juf Rianda was ‘n mens met passie en entoesiasme as sy dit wil doen en geniet. Die leerlinge het haar waardeer en lief gekry.

Sy is ‘n mens wat haar werk altyd op tyd klaargemaak het met moeite en sorg.

Goud vir Daniël van Zyl by SA’s Skaak Kampioenskappe

Foto regs:

Daniël van Zyl, Graad 12 leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, het die Bojanala skaak span by die SA Junior Skaak Kampioenskappe in Kempton Park verteenwoordig.
Die toernooi is vanaf 4 – 8 Januarie 2020 aangebied.
Daniël ontvang ‘n goeie medalje. Tydens die toernooi het hy het meer as 50% van sy rondtes gewen.
Verder ontvang hy ook die toekenning vir die beste 0/18 speler in die Bojanala span.

Op die foto van links: Daniël se afrigter, me Rianda van Rensburg, Daniël van Zyl en mnr Henko Smith (Buite Kurrikulêre Hoof).