HFM: Tussentydse Gr 11 Klasleiers aangewys
Tydens die Studente Raad verkiesing gebeur dit dikwels dat leerlinge wat hulle as klasleiers onderskei het ook vir hierdie verkiesing in aanmerking kom.
Dit was dan ook hierdie jaar die geval toe 11 van die 14 Graad 11 klasleiers as Studente Raad-lede gekies is.
Tussentydse klasleiers word dan verkies om die res van die skooljaar te dien in die plek van die verkose studente Raad-lede.
