Editorial

Sondagkommentaar: Historiese verband tussen die Arabiere en Afrika se swart nasies

Swart Suid-Afrikaners kan tog so maklik terugverwys na Suid-Afrika se geskiedenis, toe slawerny nog gewettig was, dat hulle voorgeslagte deur die wit mense, en spesifiek die Afrikaners, as slawe in die Kaap misbruik is.

Hulle is heeltemal korrek deur te sê dat hulle voorgeslagte as slawe deel van die slawerny-kring was, maar dit het lank gelede reeds begin, nog voordat hulle voorgeslagte hul weg oopgebaan het vanuit Sentraal-Afrika na die Suidpunt van Afrika waar die wit nasie reeds gevestig was.

Die belangrikste historiese verband tussen die Arabiese gemeenskap en die swart nasies van oos en suidelike Afrika was die Arabiese slawehandel wat toe reeds vir meer as 1300 jaar bestaan het. In die Islamitiese lande is slawehandel ontwikkel en geregverdig deur die verslawing deur die “uitverkorenes” van die “ongelowiges” soos onderskryf word deur die Qur’an (Koran). Daar het jy dan ook die oorsprong van die “K” woord wat erger as godslaster is want in Suid-Afrika kan jy vir die gebruik daarvan letterlik gestenig word. ’n Woord wat deur die Islamitiese godsdiens geskep is.

Hierdie slawehandel het reeds vir sowat nege eeue voor die Atlantiese slawehandel van swart mense van die wes kus van Afrika deur wit, Christen Europeërs, bestaan en het steeds voortgegaan selfs nadat die wit Christen gemeenskappe slawerny afgeskaf het.

Volgens die verhandeling deur Alastair Hazell. The Last Slave Market: The Incredible Story of John Kirk: The Man who Ended the East African Slave Trade (Constable, Londen 2011), het die tentakels van die Oos-Afrika slawehandel diep in die Asiatiese kontinent gestrek tot by Muscat en die Golf-poorte van Rasal Kymah, Dubai, Bandar, Abbas, Bushire en Basra. Die slawe is ingebring en dan deur ’n lang ketting van makelaars, verkopers en handelaars, wat tot in Persië en die hedendaagse Irak gestrek het, verhandel.

Slawebote het selfs in die Rooisee gevaar en slawe is ook oorland geneem na stede soos Mecca en Medina asook verder noord in Arabië. Slawerny kom uit die antieke tye en is aktief deur die 19de eeu bedryf. In Arabië, Turkye en Persië was die slawe hoofsaaklik afkomstig vanaf Zanzibar en die Swahili kus.

Internasionale slawerny is reeds in 1808 verban. In Suid-Afrika is die slawe in die Kaap in 1834 vrygestel teenoor Amerika wat eers in 1865 slawe vrygestel het alhoewel wetgewing reeds vroeër goedgekeur is.

Die slawe in die Kaap was hoofsaaklik Maleisiërs wat deur die Hollander uit hul kolonies in Indonesië en Maleisië ingevoer is. Pogings deur die Nederlandse regering om van die swart stamme soos die Koi en San te verslaaf het nie gewerk nie want die “slawe” het eenvoudig weggeloop waar niemand hulle kon opspoor nie.

Daar bestaan geen bewys daarvoor dat enige swart persoon uit Afrika tot slawerny in Suid-Afrika gedwing is nie aangesien die swart nasies wat suidwaarts beweeg het skaars oor die Zambezi was toe die trekkers uit die Kaap weggetrek het die onbekende binneland in. Die Xhosas was reeds buite die grens van die Oos-Kaap, oorkant die Keirivier en die Zoeloes in die binneland van Natal gevestig en nie in die koloniale gebiede nie.

Daar was eenvoudig geen swart bevolking wat deel van die Bantu-bevolkingsgroep uitgemaak het wat hulle in die posisie bevind het dat hulle as slawe aan die wit bevolking in die Kaap verkoop kon word nie. Daar was in elk geval destyds geen Arabier wat in hierdie gedeelte van die land besigheid bedryf het nie.

Deesdae word hierdie mense, wie se voorgeslagte die swart mense van Afrika as slawe verhandel het, deur die einste swart nageslagte as hulle bondgenote gesien en aanvaar.

Slawerny en slawehandel het nie hier opgehou nie en Afrika is volgens ’n berig wat op 23 Junie 2018, bietjie meer as ’n jaar gelede in die Quartz Africa Weekly Email gepubliseer is, steeds die kontinent waar moderne slawehandel floreer.

Volgens hierdie pos is Libië, een van die voorstes lande so ver dit die toepassing van moderne slawerny aan betref. Hier is dit veral vlugtelinge uit Nigerië en ander Afrika lande wat as slawe verhandel word.

So onlangs as die onlangse Wêreld-Sokkerbeker wat in Rusland aangebied is, was Libië die poort waardeur Nigeriese sekswerkers in die wêreld van “sex trafficking” vasgevang is waar “sex traffickers” beplan het om Rusland se verslapte visum bepalings te gebruik vir die fanfare om die Nigeriese vroue as prostitute tydens die Wêreldbeker te bemark.

Gaan mens terug in die geskiedenis van die nuwe staat Liberië sal jy besef dat hierdie nuwe setlaars, dit is nou die vrybemaakte Amerikaanse slawe wat hier in Afrika hervestig is, met bietjie geleerdheid, wat destyds maar skraps in Afrika was en kennis wat hulle in Amerika opgedoen het, dat hulle die behandeling wat hulle van hul wit meesters in Amerika ontvang het, netso op die inwoners van hul nuwe vaderland toegepas het. Hulle het hulself onmiddellik as heersers in Liberië gevestig aangesien die meerderheud van die oorspronklike inwoners menssku en ongeletterd was. Dit het daartoe gelei dat die nuwe immigrante ’n regering op die been gebring het waardeur slegs hulle bevoordeel is uit die inkomste wat die land uit sy natuurlike hulpbronne kon genereer.

Hierdie mense het in herehuise aan die kus gebly en soos die mense uit die oerwoud gekruip het vir ’n beter lewe in die kus-stede, is hulle as slawe deur die “voormalige slawe” aangehou en misbruik.

Hierdie einste heersers is uiteindelik deur die ongeletterde en onopgeleide mense, wat behoorlik die strate vol gelê het omdat hulle nie die geld of die vermoë gehad het om vir hulself skuilings te bou nie, vervang wat op hulle beurt die land verder oor die afgrond gesleep het.

Volgens die “2018 Global Slavery Index” het Afrika sowat 9,2 miljoen mense, op die stadium wat die verslag uitgereik is, gehad wat sonder enige keuse in slawerny vasgevang is, tog is hierdie slawerny grootliks onsigbaar aangesien dit hoofsaaklik minderhede soos vrouens en kinders raak.

In Eritrea en Mauritanië kom slawerny algemeen voor as ’n alledaagse praktyk. Die rede hiervoor is dat die destydse president van hierdie eenparty staat, Isaias Afwerki, ’n stelsel ingestel het van nasionale gedwonge diens waardeur burgers vir onbepaalde periodes, afhangende van die aantal vlugtelinge wat uit die land vlug, om die werk te doen. Van die werk sluit in ondermeer gedwonge arbeid in myne waarin selfs buitelandse myngroepe groot belange het.

Mauritanië was die laaste land in die wêreld waar slawerny verbied is. Tog leef dit voort met die slaaf-status wat na honderde jare steeds deur die nageslag ge-erf word, veral so ver dit lede van die Haratin-stam aan betref. Boonop is die staat ook betrokke deurdat slawe wat uit die kring van slawerny wil breek, deur die regering in samewerking met die slawe se eienaars, geïntimideer word.

Volgens verslae is die grootste verskaffers van slawe aan die internasionale mark blykbaar die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Ivoorkus. Beide hierdie lande is in die tropiese gebiede waar min mense uit die oerwoude hulself kan onderhou en ter wille van ’n beter lewe en oorlewing na die kusstede stroom. Hier wag ‘n verrassing op hulle aangesien hulle oor geen vaardighede beskik om te werk om te oorleef nie en word hulle amper vrywilliglik in slawerny gedompel.

’n Studie wat in samewerking met die “Walk Free Foundation” gedoen is, het gewys dat verbruikers regoor die wêreld produkte aankoop wat op een of ander stadium deur die hande van moderne slawe gegaan het.

Dan skop swart Afrikane teen die sogenaamde slawerny waaraan hulle onderwerp was in Suid-Afrika? Elke mens het ’n prys waarteen hy vergoed word gebaseer op sy kennis, vaardighede en vraag- en aanbod op die mark.

Dit begin by die arbeider wat gewone werk doen soos om grawe, pikke, besems, skoonmaak toerusting ens. te hanteer. Dit word gevolg deur semi-opgeleide werkers wat opgelei is om bietjie meer spesialiste arbeider-take te doen, gevolg deur halfgeskoolde werkers wat darem kan lees en skryf en opgelei is vir sekere take.

Hierop volg geskoolde werkers wat skoolopleiding gehad het en kan spel, skryf, lees en kan optel en aftrek. Hierdie groep begin deesdae kwyn want buiten dat hulle oor die kwalifikasie beskik, het baie skoolverlaters nooit hierdie vaardighede bemeester nie.

Soos jy vorder met bevoegdheid, kwalifikasies en vaardigheid, word die aanbod al hoe kleiner en hoe kleiner die aanbod is, hoe groter is die aanvraag en hoe hoër is die potensiële verdienste.

Dit is die rede hoekom ‘n gewone straatveër nie kan aandring op die salaris van byvoorbeeld ’n rekenmeester, dokter of die voorsitter van ’n groot maatskappy nie.

Hierdie beginsel van vraag en aanbod werk nog al die jare in geordende gemeenskappe. ’n Stadium kan bereik word waar daar meer werk beskikbaar is in ’n sekere sektor van die mark wat gaan maak dat die werkers hoër vergoeding sal ontvang. Ongelukkig sal dit in Suid-Afrika steeds as slawerny bestempel word.

Die dag as die meerderheid van die agtergeblewenes in Suid-Afrika dit kan besef, kan mens dalk begin praat van ’n demokrasie en oorlewing vir almal.

Hierdie laaste punt glo ek nie sal ooit bewaarheid word nie, want Afrika suig, deur sy swart bevolkings, alle voorspoed en bestaande strukture terug in die donker gat in sy oerwoude waar hy alles net wil begrawe, alle lig uitwis sodat almal dieselfde kan wees.