Twee rugbyspannetjies van Laerskool Thabazimbi, wat die
naweek van 13 April aan die Super-8 Rugby-en Netbalnaweek deelgeneem het, het
as wenners uit die stryd getree.
Die Super-8 Kompetisie is te Polokwane aangebied en agt
skole het aan die kompetisie deelgeneem.
Dit was egter die o/10 en 0/11 Rugbyspannetjies van Laerskool Thabazimbi wat met die Loure weggestap het na afloop van die kompetisie en as wenspanne aangewys is.
Die o/10 Rugbyspan van Laerskool Thabazimbi wat as Super-8 wenners aangewys is, is op die foto van links – Voor: James Naudé, Christiaan Pretorius, Coenraad Hugo, John Kotze en Andrew York. Middel: Luan Smith, Gert-Hendrik du Plessis, Dehan Parsons, Tertius Lintvelt en Petrus Hattingh. Agter: Mojalefa Mogale, Jayden Els, Ethan Grobbelaar, Wiets Meyer, Flip Steenkamp, Danie Matthee, Kyle Olivier en Francois Brits (Kaptein) saam met die afrigters, Bernie Liebenberg en Werner Breytenbach.Die o/11 Rugbyspan van Laerskool Thabazimbi wat as Super-8 wenners aangewys is, is op die foto van links Voor: Amogelang Mataboge, Finn Santos, Ruan van Deventer (Kaptein), Ruan Genis en Waylin Swarts. Middel: Hennie Smit, Herman Prinsloo, Duan Blignaut, Malan Smit, CJ van der Nest en Lefa Motlhabane. Agter: Aubrey van Niekerk, Fredricko Pelser, Sebastian van Eyssen, AJ Swanepoel, Rubert Joubert, HJ Koekemoer, Jayden Janse van Vuuren en Stefan Davel saam met die afrigters Wiehan Koen en Kerneels Viljoen.
Provinsiaal
Netbal
Dimion Visser van Laerskool Thabazimbi is in die 0/13 Provinsiale Netbalspan. opgeneem.