Sport

Wintersport lewer opwindende wedstryde vroeg in die seisoen

Hoërskool Frikkie Meyer was Saterdag gasheer vir Hoërskool Centurion tydens ’n wintersportdag waar rugby, netbal en hokkiespanne van die twee skole op ’n vriendskaplike basis kragte gemeet het.

Sover dit rugby en hokkie aan betref het Frikkie Meyer die leiding geneem met beide eerste spanne wat oortuigende oorwinnings teenoor hulle opponente aangeteken het.

Frikkie Meyer se eerste rugbyspan wen hulle wedstryd 30-20 en die eerste hokkiespan wen 4-0.
Die eerste netbalspan verloor hulle wedstryd 25-17, maar so vroeg in die seisoen is daar steeds tyd om van die beskikbare potensiaal gebruik te maak om hierdie span uit te lig.

Die volledige uitslae van die ander spanne was soos volg:

Rugby:
Die tweedespan verloor 22-5, derdespan wen 14-8, 0, 16A verloor 20-0, o/15A speel gelykop 15 elk, o/14A wen 34-0 en o/14B wen 40-12. Dit wil so al lyk asof Frikkie Meyer se nuwe-bloed rugby-spelers gaan oplewer waarvoor mens maar op die uitkyk kan wees.

Hokkie:
Frikkie Meyer se hokkiespanne wen vyf van hulle wedstryde, speel een gelykop en verloor een.
Die tweedespan wen 1-0, die o/16A wen 4-0, die O/15A wen 1-0 en die o/14A wen 7-1. Die o/15B span speel gelykop 0 elk en die o/14B verloor 0-1.

Netbal:
Slegs drie van Frikkie Meyer se netbalspanne kon daarin slaag om hulle wedstryde te wen. Die tweedespan wen 15-11, die o/14A span wen 14-10 en die o/14B span wen 13-11.