Sport

Suksesvolle Hardekool Wintersportdag

Die jaarlikse vriendskaplike Hardekool Wintersport-naweek by Laerskool Thabazimbi is reeds ’n tradisie met Thabazimbi wat sy voelers uitsteek vir die sportspanne van buite die normale kompetisieveld.

2019 LD Hardekool rugby 2Die skole wat vanjaar meegeding het, was Die Arend vanaf Brakpan aan die Oosrand, Proteapark vanaf Rustenburg en Laerskool Thabazimbi.

Na ’n benoude nag van donderweer en reën, het die dag lieflik uitgedraai met gedeeltelike bewolkte weer terwyl die son laatoggend duidelik van hom laat weet het.

Die eerste wedstryde het vroeg afgeskop terwyl ouers en toeskouers gesellig langs die sportveld gekuier het en die snoepie gesorg het dat daar deurentyd koeldrank en warm eetgoed beskikbaar was.

Thabazimbi se rugbyspannetjies het baie goed presteer.
Die Eerstespan wen albei hulle wedstryde. Die Tweedespan wen een en speel een gelykop. Beide die o/10 en o/11 rugbyspanne wen beide hulle wedstryde.

Hooffoto en Rugbyfoto’s: Kwêvoël

Die netbalspannetjies wat uitgeblink het, was die o/10-A, o/11-A en die o/11-B spanne.

Netbalfoto’s: Verskaf deur Laerskool Thabazimbi