Sport

Wildskarkasse te wen: Help plaaslike swemmer meeding teen SA se beste

Staan die kans om een van die talle wildskarkasse te wen wat aangebied word in ‘n kompetisie om reis- en verblyfgeld in te samel vir een van Thabazimbi se belowendste swemsterre.

Kristin Lottering wat gedurende die Limpopo Skole Swemkampioenskappe as die beste dogter swemmer in Limpopo aangewys is, het gekwalifiseer om aan beide die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe en Suid Afrikaanse Senior Kampioenskappe te gaan deelneem.

Beide kampioenskappe vind in Durban plaas. Die Junior Kampioenskappe vind plaas vanaf 20 Maart tot 24 Maart en die Senior Kampioenskappe vanaf 8 April tot 12 April.

Kristin gaan in die Senior Kampioenskappe in die vroue ope-afdeling deelneem waar daar geen ouderdomsgroepe is nie en sy teen die land se beste vroue swemmers haar staal moet wys.

Kristin het tydens die SA Skole Kampioenskappe gedurende Desember ‘n silwer- en ‘n bronsmedalje gewen.

Deur deel te neem aan die kompetisie gaan jy verseker dat Kristin nader aan hierdie groot uitdaging gaan kom.

 

LotteringAquatics_digitalAD (1)