Sport

HFM presteer op Sportgebied (nuut)

HFM Gholf tree as wenners uit die stryd

Nadat die finale van die Limpopo gholf-liga Vrydag 19 Mei op Potgietersrus beslis is, het Hoërskool Frikkie Meyer as ligawenners van die Suidstreek uitgetree. Hulle is ook as algehele wenners van Limpopo Hoërskole in die B-liga aangewys.

Die top twee spanne in die Suidstreek en Noordstreek het in elke divisie (A, B, C) teen mekaar gespeel. Van die Suidstreek was dit Frikkie Meyer en Nylstroom wat teen die top twee spanne van die Noordstreek, naamlik Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Frans du Toit te staan gekom het.
HFM se span, bestaande uit Evan Steyn, Nimroe Lategan, JT Cronjé en Wian Lategan het hul slag gewys en met baie goeie senuwees van staal wen hulle vir Nylstroom 3-1.

Hier het dit nie geëindig nie en wen hulle ook hul wedstryde teen Pietersburg Hoërskool (3-1) en Frans du Toit (3-1).
Hiermee het hulle seker gemaak dat die trofee by HFM bly tot volgende jaar wanneer dit weer sulke tyd is.
HFM se Gholfspan het ook verlede jaar die Gholf Interhoër gewen.

Hooffoto: HFM se voortreflike Gholfspan wat nie net as liga-wenners uit die Suidstreek getree het nie maar het ook daarin geslaag om as die algehele wenners in Limpopo in die B-liga aangewys te word. Hulle is op die foto: Wian Lategan, Nimroe Lategan, JT Cronje en Evan Steyn. Agter: Afrigter – mnr Steyn van Loggerenberg.

 

*HFM Rugby Hokkie en Netbal 20 Mei by Hoërskool Piet Potgieter

*Rugby

HFM se Rugbyspanne het Saterdag 20 Mei teen Hoërskool Piet Potgieter op Potgietersrus te staan gekom en het ‘n goeie vertoning gelewer.
Dit was veral die o/15 spannetjie wat baie goed speel en hulle wedstryd 23-5 gewen het. Hulle het hul kanse goed gebruik en mooi afgerond.
Die Tweedespan het ook met goeie spel voor die dag gekom en wen hulle wedstryd 17-0.

Die Eerstespan het aanvanklik nie te goed teen Piet Potgieter gevaar nie maar volhard met goeie bewegings. Na halftyd het hulle die krane oop gedraai en druk ‘n paar mooi drieë. Die skrums en lynstane vorder ook baie goed .
HFM se o/14 span staan twee vinnige drieë af maar herstel goed en speel die res van die wedstryd baie goed, nieteenstaande vier van hul spelers wat met beserings nie kon speel nie.
Die o/16A speel op tye skitterende rugby maar het ‘n hele paar drieë daar op die veld gelos.
.
*HFM Hokkie

Al HFM se hokkiespanne het Saterdag 20 Mei baie goeie vertoon teen die spanne van Hoërskool Piet Potgieter. Dit het nie saak gemaak of hul voor of agter op die telbord was nie, hul het harde wedstryde tot op die einde gespeel.

Die eerste- en tweedespanne wen hul wedstryde beide met 2-0.
Die o/16 A-span wen ook hulle wedstryd met 3-1.
Die o/15 A-span verloor 1-2 en die o/14 A-span verloor ook 0-4.

*HFM Nebal – net een stel liga wedstryde om te speel

Al die netbalspanne van HFM het goed teen Piet Potgieter vertoon en al hulle wedstryde gewen.

Die uitslag was as volg:
Die eerste netbalspan het ‘n grootse poging aangewend deur hulle wedstryd 26-5 te wen.
Die tweede span wen hul wedstryd 19-8 en die o/17 span, wat teen Piet Potgieter se tweedespan gespeel het, wen 15-9.

Dit was veral die junior spannetjies wat oor hul teenstanders geloop het. Die o/14-B wen 41-1, o/14-A wen 29-0, en beide die o/15-A en o/15-B wen beide hule wedstryde 26-5.
Die o/16-A wen hulle wedstryd 22-14 en die o/16-B wen 13-4.

HFM se spanne het in die tweede laaste rondte op Dinsdag 23 Mei teen spanne van Hoërskool Settlers te staan gekom.
Settlers se eerste span het maar die handdoek ingegooi en nie opgedaag nie. Al die ander spanne wat gespeel het, het weghol oorwinnings behaal.
Die uitslag was as volg: Die o/14-A span wen (30-5), die o/15-A span wen (43-4), die o/16-A span wen (36-4) en die o/17-A Span wen (44-7).

Die laaste ligawedstryde word Saterdag 27 Mei teen Hoërskool Nylstroom gespeel wanneer die o/14-A en -B, o/15-A en -B, o/16-A en -B, o/17-A, tweedespan en die eerstespan sake gaan uitspook.

As al die ligawedstryde gespeel is, sal die twee A-spanne in elke ouderdomsgroep aangewys word wat aan die provinsiale liga-wedstryde gaan deelneem.

Na hierdie wedstryde sal daar bepaal word watter spanne aan die Provinsiale liga-wedstryde Saterdag 3 Junie in Polokwane by Hoërskool Pietersburg gaan deelneem.