EditorialFeaturedTop Stories

Witskrif gereed om emigrasie uit Suid-Afrika in te kort

Volgens ‘n verslag van Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake, is die regering reeds besig met die witskrif om emigrasie te beperk deur boek te hou, en ‘n beperking te plaas, op Suid-Afrikaners wat die land vir meer as drie maande verlaat, sou dit deur die Parlement goedgekeur word.

Intussen stroom swart immigrante in massas oor die vervalle grensdrade van Suid-Afrika se noordelike grens. Alles deel van die Afrika Unie se steun vir die Afrika Renaissance wat deur Zuma se eks-vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma as voormalige voorsitter van die liggaam, aangevuur is, om te verseker dat alle Afrikane vrylik oor alle landsgrense kan beweeg in die naam van inter-Afrika handel, ter bevordering van ekonomiese groei vir die hele kontinent.

Die sogenaamde Afrika-Paspoort is reeds verlede jaar, met groot fanfare tydens ‘n seremonie, gelei deur die einste Dlamini-Zuma en Rwanda se president, Paul Kagame, ten tye van die Afrika Unie beraad verlede jaar in Kigali, hoofstad van Rwanda, bekendgestel.

Die kampvegter van die Afrika Unie se “Agenda 2063”, weereens die voormalige AU voorsitter, Nkosazana Dlamini-Zuma, vra vir die skraping van alle visum vereiste teen 2018 vir alle Afrika bewoners wat binne die kontinent reis, alles in lyn met Zuma se voorgestelde beleid van radikale ekonomiese  transformasie. Teen daardie tyd is Dlamini-Zuma heel moontlik reeds die leier van die ANC en Suid-Afrika se volgende president.

Intussen dui syfers daarop dat Suid-Afrikaners wat na Brittanje en Australië gedurende die Zuma administrasie emigreer het, met nege-persentasiepunte jaar-vir-jaar gestyg het terwyl meer en meer swart professionele mense ook nou hierdie opsie begin oorweeg.

Dit is duidelik dat die meeste van hierdie emigrante oor goeie vak-vaardighede, ambagte en kwalifikasies beskik, insluitend onderwysers, rekeningkundiges, professionele mense uit ‘n wye spektrum van beroepe, insluitend ingenieurswese en IT-kundiges en persone met vaardighede in die gasvryheidsbedryf.

Die mense wat emigreer se gemiddelde ouderdom is op 39-jaar, ook hoër as wat dit voorheen was en kan toegeskryf word aan die feit dat ouers beter onderwys fasiliteite vir hul kinders soek.

Almal mense wat die land nie kan bekostig om te verloor indien die regering enigsins van plan is om iets aan die finansiële inploffing te doen.

‘n Groot rede wat aangegee word is natuurlik die onsekere politieke klimaat asook die onaanvaarbare hoë misdaadsyfer, waaroor niemand hulle kan blameer nie.

Kommentaar deur Pieter Coetzee: Redakteur: Kwêvoël

Bron: buzzsouthafrica