Northmac Case borg Trofeë vir Netbalspelers
Hooffoto: Klaas Tromp, Bestuurder van Northmec Case wat die trofeë geborg het, Ananda Lategan (Netbal Kaptein), me Mariaan Senekal (Netbal Afrigter), Nadia van der Linde (Onder Kaptein) en die skoolhoof, mnr Colin Campbell. Northmec Case het 20 netbal-trofeë geborg vir 10 netbal wedstryde. Hierdie trofeë word toegeken aan die speelster van die wedstryd in die senior en junior afdeling in elkeen van hierdie jaar se wedstryde.