
DWAALBOOM – Dwaalboom Kofukan karate klub het op 12 Maart 2016 vir die eerste keer die Bosveld platinum alle style karate uitdaging aangebied te die PPC Ontspannings klubsaal, Dwaalboom. Sestig karateka, junior en senior, van Dwaalboom, Rustenburg en Brits het aan die uitdaging deelgeneem. Tien karateka van die Dwaalboom Kofukan karate klub, onder leiding van Sensei Donovan Will het vir deelname ingeskryf en is die volgende medaljes deur hulle verower: (Kata – vorm en Kumite – geveg)
