Skaak Suid-Afrika sien Nia raak
Nia Naudé van Laerskool Koedoeskop se skaakprestasie plaas haar onder die Top-20 dogters vir die ouderdmsgroep o/10 in Suid-Afrika. Met hierdie prestasie het Nia gekwalifiseer om van 20-26 Maart 2016 in Bloemfontein te gaan deelneem aan die geslote Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe. Hierdie Top-20 spelers ding mee vir die eerste drie plekke, om sodoende hulle Protea/SA klere te ontvang. Nia behaal hierdie prestasie deur harde werk, deursettingsvermoë en haar liefde vir skaak. Op so ‘n jong ouderdom is haar gradering reeds 866.