Atlete van Laerskool Thabazimbi na PE

11-LS TBZ SA ATLETE
Twee atlete van Laerskool Thabazimbi het die afgelope naweek aan die SA Atletiekbyeenkoms te Port Elizabeth gaan deelneem. Die twee, Chénell Fouché en Mariska Coetzee het puik presteer. Chénell het deelgeneem aan die gewigstoot Dogters o/11 en ‘n agste plek behaal uit ‘n groep van 21 deelnemers. Sy het ‘n allemintige 10,09m gegooi. Mariska het deelgeneem aan die 1 500m vir Dogters o/13. Mariska het ‘n negende plek behaal in haar lopie. Daar was 2 lopies in dié spesifieke item met 15 atlete in elke lopie. Met hierdie prestasies het hulle die vaandel hooggedra en was ware ambassadeurs vir Laerskool Thabazimbi.