Veiligheids wenke vir jou veiligheid

information-icon-md
Voorkoming van huisinbrake

Hier is ‘n paar wenke met die voorkoming van huis inbrake:
Sorg dat die veiligheidshekke altyd gesluit is en dat die sleutels veilig gebêre is.
Maak seker jy het ‘n afskrif van elke werker se ID boek
Moenie water of kos aan vreemdelinge by jou hek gee nie
Hou jou hek toe en gesluit indien jy in die tuin werk en jou motorhuis moet jy gesluit hou
Gebruik net mense wat jy ken en vertrou wat in en om jou huis werk
Misdadigers gee dikwels voor dat hulle herstelwerk by jou huis wil doen, lig jou werkers in voor die tyd
Sluit tuingereedskap toe wanneer dit nie gebruik word nie
Vertrou jou instinkte en hou noodnommers altyd byderhand
Wees bedag op vreemdelinge in jou straat, as jy iets vermoed skakel dadelik die SAPS of GPF
Moenie leë houers met waardevolle artikels buite jou huis laat rondlê nie en
Vertrou jou instinkte en beveilig jouself as jy iets vermoed

Veiligheid vir/teen kapings

Wees altyd bedag in jou omgewing en hou verdagte mense dop
Neem alternatiewe roetes vir ingeval iemand jou agtervolg
Kry ‘n elektriese hek, kapers wag gewoonlik as jy in of uit jou voertuig klim om jou onkant te vang
As ‘n verdagte voertuig jou volg gaan na die naaste polisie stasie toe, moet nie huis toe gaan nie
Hou genoeg spasie tussen jou en die voertuig voor jou om te probeer verhoed om ingeboks te word deur kapers
Wees bedag op watter voertuie jou bure bestuur, dit sal dan maak dat jy onbekende voertuie makliker sal uitken
Kry ‘n uitkyk radius naby jou huis voor jy stop en in jaard ingaan
Verander jou spoed as jy by ‘n robot kom, sodat jy nooit hoef dood te stop by ‘n robot nie
Moet nooit oog kontak maak nie, maar probeer spesifieke kenmerke te onthou
Wanneer jy wel in ‘n kaping betrokke is – bly kalm en moet nie vinnige bewegings maak nie
Om enige aggressie van die kaper te vermy, moet nie met hom stry nie
Probeer om so vinnig so ver as moontlik te kom van die situasie – jou lewe is meer werd as die voertuig.

Vullis om voor op die uitkyk te wees by jou woning

Blou sakke wys dat iemand in die huis is wat bereid is om saam te werk
Blou en wit sakke soos “clicks” sakke wys dat die woning ‘n maklike teiken is en iemand gaan saam werk
Swart sak wys op vee diefstal
Indien jou hond skielik dood is of braak en daar is swart kolletjies in die braaksel of wit poeier naby die hond is of in die braaksel is – kontak die polisie dadelik en hulle sal die braaksel en die hond verwyder – moet nie daaraan vat nie, dit is baie gevaarlik.
Luister na die tipe blad wat jou hond gee in die aande
Kiewiete maak ‘n spesifieke geluid as hulle ‘n uil sien en ‘n ander geluid as hulle ‘n mens sien in die aand
Simba chips pakkies wat mooi opgevou is met die gesig na die huis sê die eienaar is by die huis, met die gesiggie na die straat sê die eienaar is nie by die huis nie.
Skakel ook die krag by jou kragboks af en dan wanneer jy uitgaan om te gaan ondersoek instel kom hulle saam in.