Neos skool lewer uitstaande prestasies

Die leerlinge het of die boek van Spreuke of die boek van Johannes gememoriseer.
Die leerlinge het of die boek van Spreuke of die boek van Johannes gememoriseer.

BLOEMFONTEIN – Drie en dertig leerlinge van Neos skool het tydens die afgelope Oktober vakansie aan die “All Africa Student Convention” in Bloemfontein deelgeneem. Hierdie jaarlikse byeenkoms vind oor ‘n tydperk van vyf dae plaas en word aangebied op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.
Neos studente het veral uitgeblink op die sportveld met onder andere atletiek, tafeltennis, skaak, boogskiet en vlugbal. Die 4x400m aflos vir seuns is vir die twaalfde agter eenvolgende jaar bekroon met die goue medalje met ‘n skitterende tyd van 3min 28,1 sek. Ander goeie prestasies op die atletiekbaan was – goue medaljes vir Wynand Kotze (100m,200m), Claire van lente(100m,400m), Marco Myburg(400m) Fanie Badenhorst(gewigstoot), seuns 4x100m oop aflos, dogters oop 4x100m en dogters 4x400m aflos. Fanie Badenhorst behaal ook ‘n tweede plek in tafeltennis en Hikatikele Baloyi ‘n tweede plek in die skaak waar bykoms 400 spelers deelgeneem het. By die boogskiet het feitlik al die Neos deelnemers nominasies ontvang en is genooi na die Internasionale byeenkoms wat plaasving in Mei 2016. Die seuns vlugbal span behaal ‘n derde plek uit ‘n groep van 27 spanne wat deelgeneem het.
Op akademie gebied is ook uitstaande prestasies gelewer:
Hanri Pieterse tweede in naaldwerk (Quilts), Claire van Lente eerste (embroidery), Conrad du Toit eerste (coats and suits), Wynand Kotze en Willem Botha tweede (Website design)
Uit die 33 studente verwerf 21 leerlinge ook goue medaljes in akademie vir die memorisering van o.a. die boek van Spreuke asook die boek van Johannes uit die Bybel. Voorwaar ‘n puik prestasie!
Neos is trots op sy leerlinge en veral op die feit dat 28 uit die 33 studente benoem is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Internationale Konfensie in 2016 wat in die staat van Arizona in die VSA plaasvind. Welgedaan Neosies!