Neos atlete skitter by Jakaranda atletiekbyeenkoms

Die vier Neos Atlete het uitgeblink tydens die Jakaranda atletiekbyeenkoms in Brits. Vlnr: Fikile Ribimbi, Marco Myburgh, Fanie Badenhorst en Claire van Lente.
Die vier Neos Atlete het uitgeblink tydens die Jakaranda atletiekbyeenkoms in Brits. Vlnr: Fikile Ribimbi, Marco Myburgh, Fanie Badenhorst en Claire van Lente.

BRITS – Sewe van Neos se atlete het op 16 Oktober gaan litte losmaak by die jaarlikse Jakaranda atletiekbyeenkoms aangebied deur Hoërskool Brits.
Met die sewe atlete het Neos nege plekke behaal en is daar ook baie goeie tye gehardloop so vroeg in die seisoen.
Fikile Ribimbi s/14 1st plek 400m, 2de plek 200m, 3de plek 100m, Marco Myburg s/15 1st plek 400m, 1st plek 200m, Claire van lente D/16 2de plekke in 400m,200m en 100m en Fanie Badenhorst S/17 1st plek in die spiesgooi.
Marco Myburg die huidige ASA kampioen in die 400m S/15 is ook vereer met die feit dat hy een van twee atlete is wat uit Limpopo genooi is om eerskomende Saterdag, die 24ste Oktober tydens die Noord-Wes Universiteit(PUKKE) se prestige uitnodigings atletiek byeenkoms deel te neem. Die skool en afrigtingspan wens Marco sterkte toe en verwag top prestasies van hom in die seisoen wat voorlê.