Skaak verslag

0478de0
Drie van Hoërskool Frikkie Meyer se leerlinge het Saterdag (15 Augustus) gaan deelneem aan ‘n skaak toernooi te Fields Kollege, Rustenburg. Dit was ook die laaste toernooi waar hulle kon kwalifiseer om vir die Junior Suid – Afrikaanse Kampioenskappe te gaan deelneem gedurende Januarie 2016 in Kaapstad.
Die leerlinge het as volg presteer by die toernooi:
* Igee Theron wen 3 van sy 5 rondtes en eindig 8ste van die 31 spelers in die Ope Afdeling.
* AJ Janse van Vuuren wen 2 van sy 5 rondtes en speel 1 gelykop. Hy eindig 8ste van die 17 spelers in die 0 / 16 afdeling.
* Eduan Vorster wen ook 2 van sy 5 rondtes en speel 1 gelykop. Hy eindig 9de van die 17 spelers in die 0 /16 afdeling.
Igee Theron is reeds verkies tot die 0 /20 Bojanala Noord-wes skaakspan wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem. Die 0 /16 span sal later die week in kennis gestel word wie verkies is. Baie geluk aan ons drie skaakspelers.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.