Hondsdolheid – Inentings Kennisgewing

Nobivac
THABAZIMBI – Dit is weer tyd vir die jaarlikse hondsdolheid inentings in Thabazimbi. 21 Gevalle van die gevreesde siekte het in 2004 in die Provinsie voorgekom. ‘n Ernstige uitbreek van die siekte kom tans in die Noordelike deel van die Provinsie voor, met 16 positiewe gevalle onder diere in 2 maande en 7 mense onder behandeling vir die siekte. Om u en u huisgesin te beskerm word inentings klinieke nou by plekke en tye soos aangedui onder vir die publiek aangebied. Alle honde en katte ouer as drie maande word gratis ingeënt.
Enkele noodsaaklike reëlings:
Katte word gerieflik in lemoensakkies beheer wat sal verhoed dat hulle weghardloop.
Kwaai honde word beheer deur ‘n kalmeermiddel, vooraf by u veearts verkry. Aangesien die spuitpunte beman word, sal die beamptes bie die honde by die huise kan gaan spuit nie (kwaai honde op jul erf, sal onbekendes maklik byt)
Die entstof is ook by u veeartse beskikbaar. Herinner asseblief u bure en bediendes aan die inentings.
Vir alle Interprovinsiale bewegings van honde en katte moet ‘n geldige inentingsbewys die diere vergesel. Staatsveearts Thabazimbi is Ritshuri Roy (082 880 9882)/ Kgasoane Hendrick (078 406 1550)/ Josias Molomo (073 951 6923)/ Dr E Sinthumule (084 324 4995) en die kantoor is 014 777 1559.
Inentingsprogram volg:
1 September 2015 by Anglo Platinum Myn Swartklip van 10:00 – 17:00
2 September by Northam Kliniek/Northam Primary school/Mojuteng van 10:00 – 13:00
3 September by Amandelbult RPM van 13:00 – 17:00
4 September by Smashblock/Chromite village van 10:00-14:00
7 September by Setaria Diere Kliniek van 10:00-17:00
8 September by Thabazimbi Dorp Munisipale Kliniek van 9:00-18:00
9 September by Kromdraai Kliniek/Miracle Miles van 10:00 – 14:00
10 September by Rooiberg Ou Poskantoor/ Community hall van 10:00-14:00
11 September by Leeupoort trading store/ Primary school van 9:00 – 12:00
14 September by Leeukrans van 12:00 – 14:00
15 September by Koedoeskop Boeresaal van 11:00 – 14:00
16 September by Rooibokkraal van 9:00 – 11:30
17 September by Cumberland Polisie stasie van 12:00-13:00
18 September by Sentrum General Dealer / Skierlik village van 10:00-14:00
21 September by Bethanie Winkel Makoppa van 10:00-12:00
22 September by Joubert Winkel Kaaldraai van 13:00-15:00
23 September by Grenswinkel van 10:00-12:00
28 September by Dwaalboom van 10:00-13:00
29 September by Zimthabi van 9:00-10:00 en
30 September by Rethabile van 12:00-15:00.