Sages Waterberg hou afsluiting by Thabazimbi Gholfklub

THABAZIMBI – Die Sages Waterberg het op 27 November 2014 hul jaarlikse afsluiting gehou op Thabazimbi se Gholfbaan.
Die atmosfeer was feestelik met die besoekers wat van Woensdag (26 November) af kom kamp het, het ook deel geneem aan die weeklikse Sundowner. Die weer was vir Thabazimbi toestande wonderlik en die geleentheid het gegaan om lekker saam te kuier en die dag ten volle te geniet. Die wenners vir die dag is op ‘n lootjie trek basis bepaal: die wat gelukkig was om die trekking te haal is Johan Hatting Nylstroom, Pietie Terblanche alom bekend in Thaba maar lid van Akasia, Ollie Moorcroft Naboomspruit, Jo Fourie ons sekretaris vanaf Nylstroom, Frik Yssel Naboomspruit en Harry Bense Thaba.
Die kampery het ‘n instelling geword juis vanwee die afstande. ‘n Groot woord van dank aan die manne wat hulle karavane hiernatoe sleep, dis net so aangenaam om ook saam met julle gades te kuier, gholf is ook ‘n familie sport, baie dankie aan almal wat ons deur die jaar ondersteun het, ook aan die gholfbaan se komitee, die baanbeampte en almal betrokke wat sorg dat die baan in ‘n puik toestand is, dit word waardeer.