Het u die voël gesien?

Die bromvoël is tans in Suid Afrika as bedreigde geklassifiseer met ‘n populasie van ongeveer slegs 400 – 500 groepe oor in die land.
Die voëls se grootste bedreigings is sekondêre vergiftiging, elektriese transformators, handel in tradisionele markte, vervolging om rede hulle vensters breek in ‘n poging om die “indringer” mannetjie te baklei, en ‘n tekort aan geskikte habitat. As deel van een van die Nasionale Spesie Bewarings Plan se doelwitte word die voëls weer vrygelaat in gebiede waar hulle plaaslik uitgewis is.
Die Mabula Bromvoël Projek onder die leiding van die Nasionale Bromvoël Aksie Groep het in Desember 2013 ‘n groep van vyf bromvoëls in die Thabazimbi area herbevestig. Huidig word drie van die voëls vermis, en die publiek se hulp is nodig om hulle weer te vind.
As u die voëls waarneem in die omliggende Thabazimbi area of enige informasie het, kontak asseblief dringend vir Hein van die Mabula Bromvël Projek by 072 311 8885 of hein@ground-hornbill.org.za. Die voëls word soms verwar met die wildemakou en grootswartooievaar.
Inligting wat van belang is:
Die hoeveelheid voëls gesien;
Goeie beskrywing van waar hulle waargeneem is met n’ GPS koordinaat as moontlik;
Enige ring kleur kombinasies gevind aan hulle bene en;
Fotos sal baie waardevol wees.
Vir meer omvattende inligting besoek hul webtuiste by www.ground-hornbill.org.za

50-BromvoelDie Bromvoël is ‘n bedreigde spesie. As u die voëls waarneem in die omliggende Thabazimbi area of enige informasie het, kontak asseblief dringend vir Hein van die Mabula Bromvoël Projek. Die voëls word soms verwar met die wildemakou en grootswartooievaar.