In Liefdevolle Herinnering

 

Gerhard Douw Grobler is op die ouderdom van 42 oorlede. Hy sal gemis word.
Gerhard Douw Grobler is op die ouderdom van 42 oorlede. Hy sal gemis word.

THABAZIMBI – Gerbrand Douw Grobler gebore 1972/01/05 en op die ouderdom van 42 oorlede op Saterdagnag, 6 Desember 2014 en het hy sy plek aan God se sy ingeneem.
Gerrie sal altyd onthou word deur die gemeenskap as die vriendelike stem van Thaba Alarms waar hy 14 jaar werksaam was. Altyd reg om te help en ‘n grappie te deel.
Gerrie word oorleef deur sy eggenoot Alet Grobler, sy Moeder Sanna Magdalena Elizabeth Grobler, sy suster Wilna Terblanche , 2 Kinders Jenene Matthee en Juan-Marie Lewis asook sy 5 kleinkinders Maruschka, Joane, Jordan, Mikhael en Jasmine .
Die Roudiens het Donderdag 11 Desember vanuit die New Way Church plaasgevind en was gelei deur Pastoor Billy.
Gerrie jy laat ‘n groot leemte in ieder en elk wat die voorreg gehad het om jou te kon ken.