Thabazimbi Gholfklub – Foursomes Kampioenskappe

THABAZIMBI – Thabazimbi Gholfklub het op Saterdag 1 November hul jaarlikse Foursomes kampioenskappe aangebied.
Foursomes word bemaklik deurdat elke speler net elke tweede hou slaan. Jy en jou speelmaat slaan dus om die beurt. Dit is hier waar vriendskapsbande of gebou of vernietig word. (tong in die kies gesê)
Die dag is gewen deur Chris Bronkhorst en Chappies Behrens op 106 houe. Die toernooi is oor 27 putjies gespeel. In die tweede plek was Harry Bense en Jacques van Eyssen. In die derde plek was Heinrich Penzhorn en Eugen Oberholzer op 107, wat uitstekend is in ag genome hulle voorgees wat so laag is.
Die weeklikse Sundowner is op Woensdag 29 Oktober gewen deur Mike Nortje met 21 punte. Die gelukkige trekking is gewen deur Hennie van Vuuren.
Na afloop van die Sundowner het die komitee die goedgedink om elke tweede Woensdag ‘n braai te reël. Pap en sous word verskaf en braaipakkies word verkoop. Kom braai gerus saam na afloop van die spel en geniet Thabazimbi Gholfklub se uitsonderlike wildlewe.
Maand program:
8 November – Denton’s Borgdag
12 November – Northam Toyota Sundowner
15 November – Laerskool Koedoeskop Borgdag
19 November – Northam Toyota Sundowner
22 November – IPS
29 November – Gekkedag