Koedoeskop leerling presteer by “Youth” Skaakbyeenkoms

‘n Baie groot eer het Nia Naudè, ‘n leerling van Laerskool Koedoeskop, te beurt geval. Nia was uitgenooi om van 20 tot 29 September aan die “Youth” skaakbyeenkoms in Durban deel te neem waar 28-lande van oorsee verteenwoordig was. Daar was 52-spelers in Nia se ouderdomsgroep van dogters o/8. Hulle het ‘n totaal van 11 wedstryde gespeel waarvan Nia 4-wedstryde gewen het. Twee van die vier wedstryde wat Nia gewen het was teen Springbok speelsters, beslis strawwe kompetisie.