THABAZIMBI – Barneys Kleuterskool tesame met Thabazimbi Gholfklub het ‘n puik gholfdag aangebied op 8 November 2014. Die formaat was ‘n beterbal met ‘n keuse van bofhou. Daar was 84 spelers wat deelgeneem het. Die gholfdag is gewen deur Nico Steenekamp en T Fourie op 54 punte. In die tweede plek was Gert Goosen en G van der Heever ook met 45 punte. Hulle verloor egter op ‘n uittel. Die naaste aan die punt op putjie 3/12 is gewen deur Johan Snyman en by 7/16 is dit gewen deur Johan Prinsloo.
Die langste dryf by die mans is gewen deur Barend Gerber en die langste dryf by die dames is gewen deur Jackie van Vuuren.‘n Groot woord van dank aan al die borge wat die pryse en die waterpunte geborg het asook aan al die vrywilligers wat gehelp het.
Hierdie was ‘n uiters geslaagde gholfdag en almal sien alreeds uit na Barney’s se gholfdag vir 2015.


