L/S Krieket Streekstoernooi


TZANEEN – Vyf leerlinge van Laerskool Thabazimbi was gekies om deel te neem aan die Streekstoernooi te Tzaneen die afgelope naweek van 2-4 Oktober. Die span het hul goed van hul taak gekwyt en die toernooi gewen, waar hulle teen Letaba- en Pietersburg streek meegeding het.
Hul wen die streekspan B met 107 lopies, wen vir Letaba streek met drie lopies en wen die Pietersburg streek met twee paaltjies. Douw van der Walt was ook gekies as “Man of the match” in die Letaba wedstryd.