Limpopo-Boer sterf in helikopterongeluk

CUMBERLAND –Mnr Bernard de Beer, ‘n wildboer van die plaas Krokodilnes naby Cumberland, het Dinsdagoggend gesterf toe sy Bell Jet Ranger helikopter neergestort het, ‘n paar honderd meter vanaf die plek waar hy opgestyg het.
Die helikopter het in vlamme uitgebars, wat op sy beurt die omliggende veld aan die brand gesteek het. Die voorval het omstreeks 06:00 gebeur nadat hy die vorige aand by ‘n buurplaas, sowat 5km vanaf sy eie plaas, oorgeslaap het.
Volgens ooggetuies het hy opgestyg en was pas oor die rivier toe die helikopter die grond getref het. Hulle het die vlamme gesien en hulle daarheen gehaas. Bernard (52) was alleen in die helikopter toe die ongeluk gebeur het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.