Geluk aan die DA (Brief)

Baie geluk aan die DA, om Kwêvoël se voorblad te haal met die berig dat die munisipaliteit  R54 miljoen aan Eskom skuld. Ook die regmaak van die pad waar Bertie pryk.

Nou ‘n paar vrae? Hoekom word die uitstaande skuld aan Eskom nou eers genoem, sover ek weet was dit al aan gespreek op die IDP vergadering van laas jaar. Die Burgemeesteres en Munisipale bestuurder was daar en hulle het belowe die mense wat nie betaal nie se krag gaan af gesny word. Dit is nie gedoen nie die uitstaande skuld was toe R40 miljoen dit het gegroei tot R54 miljoen. As die amptelike opposisie wat het julle daar omtrent gedoen?

Ons weet dit sal nie gesny word nie, want die verkiesing is hier. Wat van die opgradering van die riool-werke wat gestaak is en die fase 2 van die opgradering van die water toevoer? Dit is ook gestaak weens wan betaling van die munisipaliteit.

Die laaste IDP vergadering waar die gemeenskap hul insette kon gee het die munisipale bestuurder die vergadering gestop, en nadat almal uit is het hy aan gegaan met n paar munisipale amptenare. Die DA het belowe dit gaan verder gevat word want dit is teen die reëls. Die burgemeesteres het haar nie eens verwerdig om vergadering toe te kom nie. Nou wat wil hulle hê moet ons goedkeur met die volgende IDP vergadering op 16 April? Nog verdere wanbetaling?

Ek hoop net iemand antwoord die vrae vanaf die gemeenskap!

Frik – Thabazimbi

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.