Immergroen Ouerskap

THABAZIMBI – Hettie Brittz het met haar Kweek kinders met karakter en Kweek kinders deur gesonde gesag boeke, besef hoe groot die nood regoor die land en selfs in die buiteland is vir gesonde ouerskap.

Sy en haar Immergroen span skep toe ‘n wonderlike praktiese program waar ouers stap vir stap gelei word om weer hul gesag op te neem. Hettie begin fasiliteerders reg oor die land oplei om ouers te help om hul kinders se Godgegewe ontwerp te ontdek. Thabazimbi word geseën met drie fasiliteerders Mathilda Broekenhuizen, Ané Esterhuizen en Daleen Venter, hulle kry intensiewe opleiding en lê die Immergroen eksamen af. Hierdie drie dames is elke een geroep om gesinne in Thabazimbi te help om doelgerigte, praktiese planne uit te werk om hul gesin se ouerskaps wiele weer glad te laat loop.

Ouerskap is nie ‘n kortpad wat sonder erns opgeneem kan word nie. Die Immergroen span van Thabazimbi bied 11 en 12 April die tweede Ouerskap kursus by die NG kerk aan. Ouers van enige ouderdom kinders sal baat vind by hierdie kursus wat propvol praktiese planne is. Bespreek jou Plekkie nou by Ané: 0842077207 (R350 pp of R600 per paartjie)

15-Ouerskap kurses

Foto links:

Ons eie drie fasiliteerders naamlik Mathilda Broekenhuizen (voor), Ané Esterhuizen (regs) en Daleen Venter (links). Die Immergroen span van Thabazimbi bied 11 en 12 April die tweede Ouerskapkursus by die NG kerk aan.